April 19, 2021

Alkoholverbod dalk weer vir 11 dae ingestel

Salba het op hulle webtuiste ‘n verklaring beskikbaargestel waarin hulle dié nuus bekendgemaak.

Alkoholverbod dalk weer vir 11 dae ingestel (Foto: Unsplash)

Alkoholverbod dalk weer vir 11 dae ingestel (Foto: Unsplash)

SUID-AFRIKA. – Die drankbedryf het Maandag bevestiging gekry dat die koronavirusraad beplan om drankverkope vir 11 dae te verbied.

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir Drankhandelsname (SALBA) het Maandag bevestiging gekry dat die nasionale koronavirusraad beplan om alle drankverkope vir 11 dae van die begin van Paasnaweek af te verbied.

SALBA het op hulle webtuiste ‘n verklaring beskikbaargestel waarin hulle dié nuus bekendgemaak.

Lees ook: Vrou gee voor sy’s dood en oorleef só hoewe-aanval

SALBA het intussen ‘n dringende versoek om inligting oor hierdie besluit aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gerig.

Die verklaring lui ook dat die koronavirusraad beoog om die getal persone wat by ‘n byeenkoms toegelaat word, te verhoog.

SALBA sê verder hy gee die regering tot Woensdag 31 Maart vir meer inligting oor dié besluite voordat hy verdere stappe gaan neem.

Lees ook: Seuntjie kry ernstige brandwonde toe hy in kookwater beland by kleuterskool

“Ons hoop dat die regering deursigtig sal wees in hierdie verband en dat hulle hierdie inligting beskikbaar sal maak,” sê Sibadi Mngadi, voorsitter van SALBA. “Ons sal graag wil verstaan wat die rasionele argumente is agter die besluit om drankverkope vir 11 dae te verbied en terselfdertyd die getal persone wat by ‘n geleentheid toegelaat word, te verhoog. “

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: