April 19, 2021

Vrou (19) se liggaam deur gemeenskapslid op rugbyveld gevind

‘n Moordsaak is geopen en niemand is nog in verband met saak in hegtenis geneem nie.

Vrou (19) se liggaam deur gemeenskapslid op rugbybeld gevind

Vrou (19) se liggaam deur gemeenskapslid op rugbybeld gevind Foto: eurekalert.org

NELSPRUIT. – Die polisie het ‘n soektog begin nadat ‘n gemeenskapslid op 27 Maart 2021 ‘n vrou (19) se liggaam op ‘n rugbyveld op Carolina ontdek het.

“Die vrou is op 26 Maart deur haar familie as vermis aangemeld. Sy was op 23 Maart op pad om by ‘n vriend op Hendrina te gaan kuier en het nie teruggekeer huis toe nie. Haar gesin het bekommerd geraak nadat hulle haar verskeie kere gebel het, maar haar nie kon bereik nie. Hulle het die polisie toe oor die saak ingelig,” sê Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

Vrou se liggaam ontdek, haar vriend kan moontlik help

Die polisie het dadelik met ‘n ondersoek begin en is later in kennis gestel van die liggaam wat gevind is. Die liggaam is deur familielede as Sinethemba Princess Nkosi (19 ) van die Silobela-gemeente op Carolina geïdentifiseer.

‘n Moordsaak is geopen. Niemand is nog in verband met saak in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting rakende die saak of enige besonderhede oor Sinethemba Princess Nkosi se vriend om Thulani Sibeko, speurder, by 0823039940 te skakel. Die polisie glo dat hierdie vriend moontlik met hul ondersoek kan help.

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: