April 19, 2021

Nike dagvaar MSCHF oor Lil Nas X se Satan shoes

Die Brooklyn-kunskollektief, MSCHF word nou deur Nike gedagvaar nadat hulle in samewerking met Lil Nas X aanpassings aan een van die sportmaatskappy se skoene gemaak het om die Satan shoes te maak.

Die Brooklyn-kunskollektief, MSCHF word nou deur Nike gedagvaar nadat hulle in samewerking met Lil Nas X aanpassings aan een van die sportmaatskappy se skoene gemaak het om die Satan shoes te maak. (Foto: BBC)

Die Brooklyn-kunskollektief, MSCHF word nou deur Nike gedagvaar nadat hulle in samewerking met Lil Nas X aanpassings aan een van die sportmaatskappy se skoene gemaak het om die Satan shoes te maak.

Volgens IOL is die Nike Air Max ’97 gebruik om die Satan shoes te maak. Die skoen se lugborrel bevat rooi ink en ‘n druppel mensebloed, ‘n verwysing na die Bybel se teksvers, Lukas 10:18, ‘n pentagram, ‘n onderstebo kruis en die hoeveelste skoen uit die 666 wat gemaak is, dit is.

Nike het nou ‘n klag van handelsmerkoortreding ingedien en versoek dat MSCHF nie die aangepaste rooi-en-swart skoene met die maatskappy se logo moet verkoop nie.

Geen verband tussen Nike en MSCHF nie

Die regsgeding lui: ‘MSCHF en die ongemagtigde Satan shoes sal waarskynlik verwarring veroorsaak en ‘n foutiewe verband tussen MSCHF se produkte en Nike skep.

“In werklikheid is daar reeds bewyse van beduidende verwarring op die mark, insluitend oproepe om Nike te boikot in reaksie op die bekendstelling van Satan shoes van MSCHF, gebaseer op die verkeerde oortuiging dat die sportmaatskappy hierdie produk goedgekeur het.”

Lees ook: Dolly Parton sê met grasie nee vir standbeeld

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: