April 18, 2021

Dolly Parton sê met grasie nee vir standbeeld

Dolly Parton sê met grasie nee vir standbeeld

Dolly Parton sê met grasie nee vir standbeeld (Foto: Vogue)

TENNESSEE.- Die 75 jarige country-musieklegende het onlangs die wetgewers van Tennessee gevra om liewers nie ’n standbeeld van haar voor die staat se Capitol-gebou op te rig nie.

Volgens All4Women het Dolly in ’n verklaring gesê: “’Ek wil die Tennessee-wetgewer bedank vir hul oorweging om ‘n standbeeld van my op die Capitol-terrein op te rig. Ek is geëerd en voel nederig oor hul voorneme, maar ek het die leiers van die staatwetgewer gevra om nie nou oorweging daaraan te skenk nie. “

Dolly sê dalk in die toekoms

“Gegee alles wat aan die gang is in die wêreld, dink ek nie dit is nou gepas om my op ‘n voetstuk te plaas nie. Ek hoop egter dat ek iewers in die toekoms, of miskien nadat ek weg is, en as ek dit verdien, wel die eer sal kry om trots op ons staat se Capitol-gronde as ‘n dankbare inwoner van Tenneess te staan. Intussen sal ek voortgaan om goeie werk te doen om hierdie groot staat trots te maak.”

Jeremy Faison, kongreslid van Tennessee, het glo gesê tewyl die wetsontwerp nog op die tafel is, is hy seker daarvan dat sy kollegas Dolly se besluit sal respekteer.

Foto: Taste of country

Lees ook: Sol Plaatje-universiteit sê geen student is finansieel uitgesluit nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: