KIMBERLEY. – Vandag se eerste jaarlikse ontbytnetwerkgesprek met Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het vanoggend by Platfontein-lodge en -konferensiesentrum plaasgevind. Tydens die geleentheid is die private sektor gevra om betrokke te raak om ‘n sukses van die provinsie te maak.
LEES OOK: Baba in kop geskiet tydens jaagtog na verdagte
Tydens hierdie ontbytsessie het die premier sy visie van ’n “moderne, groeiende en suksesvolle provinsie” en die oprig van sosiale samewerking tussen die private sektor en die regering bespreek.
Saul het besighede aangemoedig om betrokke te raak om ’n sukses van die provinsie te maak.
LEES OOK: Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry




