April 19, 2021

Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry Foto: Wallpaperflare

KIMBERLEY. – ’n Kind is Dinsdag 16 Maart 2021 omstreeks 14:10 van sy fiets in Phakamile Mabijastraat, net voor die brug na Mogul Park, af gery. Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om met enige inligting vorendag te kom.

’n Wit Volkswagen Caddy het glo die seun van sy fiets afgestamp en weggery.

LEES OOK: Hond met panga aangeval

Polisie vra gemeenskap se hulp

Kap. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, vra lede van die gemeenskap moet vorendag kom indien hulle gesien het wat gebeur het of die nommerplaat van die voertuig kon uitmaak.

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

Omstander praat anoniem

’n Omstander het anoniem aan FiND iT gesê die seun wat van sy fiets afgestamp is, is glo ’n leerder van Hoërskool Adamantia. “Hy is van sy fiets afgestamp voor twee ander karre in, wat albei bo-oor hom gery het.”

Indien jy enige inligting in verband met die insident het, kontak vir sers. Mothupi by 082 302 04 07 of 053 838 4200.

LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: