April 18, 2021

Demi Lovato sê : ‘Ek is as ‘n tiener verkrag’

Lovato sê sy het haarself gesny en deur eetversteuring gegaan terwyl sy die situasie probeer verwerk het.

Demi Lovato sê : ‘Ek is as ‘n tiener verkrag’

Demi Lovato sê : ‘Ek is as ‘n tiener verkrag’ Foto: news.sky.com

Demi Lovato het in haar nuwe dokumentêr op Youtube, Dancing with the Devil, erken sy is as ‘n tiener verkrag terwyl sy vir Disney Channel gewerk het.

Lovato sê nie wie die persoon was nie. Sy sê wel die persoon het geen gevolge ondervind nadat sy daarmee vorendag gekom het nie. Sy het die persoon glo na die voorval nog heeltyd gesien.

LEES OOK: Vrouens sit tabak in geslagsdele om libido te verhoog

Dié dokumentêr bevat verskeie traumatiese gebeure waardeur die sanger en aktrise al is. Sy vertel ook onder andere van haar verslawing aan dwelms en van haar beroertes.

Demi Lovato gesels openlik in nuwe dokumentêr

In ‘n gedeelte van die dokumentêr vertel sy sy en die persoon het gesoen toe sy ongemaklik begin voel het en dit vir hom gesê het. “Dit het nie vir hom saak gemaak nie. Hy het dit in elk geval gedoen. En ek het deel daarin gehad, het ek vir myself gesê. Ek het vir myself gesê dit is my skuld, want ek het nogsteeds saam met hom na die kamer gegaan.”

SkyNews berig die voorval het later weer “herhaal” toe sy in 2018 deur ‘n dwelmhandelaar verkrag en “vir die dood” agtergelaat is. Sy het daarna baie van haar tyd tyd in ‘n rehabilitasie-eenheid deurgebring.

Lovato sê sy het haarself gesny en aan ‘n eetversteuring gely terwyl sy die situasie probeer verwerk het.

LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: