Jy kan hierdie potrolletjies as bykos of as ’n maaltyd voorsit.
Bestanddele:
- 1 pak gekoopte brooddeeg
- 2 eetlepels tamatiepuree
- 2 gekapte knoffelhuisies
- 2 eetlepels olie
- sout en peper
- pietersielie
- koppie gerasperde kaas
- maalvleis
LEES OOK: Hond met panga aangeval
Metode:
- Rol die deeg in bolletjies en pak in ’n gesmeerde oondskottel.
- Plaas die deksel op en laat dit vir so twee ure op ’n warm plek staan.
- Meng die tamatiepuree, knoffel, olie, sout, peper en pietersielie goed saam.
- Smeer oor die bolletjie tot dit lekker nat is.
- Gooi gaar maalvleis en kaas bo-oor en bak by 180°C in die oond vir 50-60 minute tot gaar.
LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem



