Petrolbom ontplof in Spar

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – ’n Vrou is Woensdagmiddag beseer toe ’n petrolbom in ’n Spar in die Moot-area ontplof en ‘n brand uitgebreek het.

Die petrolbom is glo omstreeks 15:25 by die winkel se deur ingegooi en het ’n brand veroorsaak.

LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem

Vrou beseer

Volgens Maroela Media het ’n tuisverpleegster, wat vermoedelik in haar 70’s is, eerstegraadse brandwonde aan haar been opgedoen. Sy is vir pyn en skok op die toneel behandel waarna sy na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer is.

Die situasie is glo onder beheer en die saak word tans ondersoek.

LEES OOK: ‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’