Hoe om jou baba se geslag te kies – Is dit werklik moontlik?

Wil jy graag ’n seuntjie of ’n dogtertjie hê? Daar is baie verskillende teorieë en benaderings as dit kom by natuurlike geslagskeuse, maar baie min wetenskaplike studies. Dink jy deur van die volgende metodes toe te pas gaan jy jou kind se geslag kan kies?

Wil jy graag ’n seuntjie of ’n dogtertjie hê? Daar is baie verskillende teorieë en benaderings as dit kom by natuurlike geslagskeuse, maar baie min wetenskaplike studies. Dink jy deur van die volgende metodes toe te pas gaan jy jou kind se geslag kan kies? (Foto: Baby&Child)

Wil jy graag ’n seuntjie of ’n dogtertjie hê? Daar is baie verskillende teorieë en benaderings as dit kom by die kies van jou baba se geslag, maar baie min wetenskaplike studies. Dink jy deur van die volgende metodes toe te pas, gaan jy jou kind se geslag kan kies?

Hier is drie geslagskeuse-teorieë deur Made for mums:

Tyd van omgang en geslag van sperm

Volgens die dr. Shettles-teorie deur dr. Landrum Shettles is ’n vroulike sperm swaarder en leef langer as ’n manlike sperm, terwyl ’n manlike sperm weer vinniger is as ’n vroulike sperm. Om ’n dogtertjie te kry, moet jy ’n paar dae voor ovulasie omgang hê. Dit sal die kanse verhoog vir ‘n dogtertjie, aangesien die vroulike sperm langer oorleef as die manlike sperm en nog ’n kans het om na ovulasie die eier te bevrug.

Om ’n seun te kry, moet jy op die dag van ovulasie omgang hê. Die manlike sperm is vinniger en behoort die eier eerste te bereik.

Die hoeveelheid sperm van ’n man

’n Man moet hom vir ’n paar dae van omgang weerhou om baie spermselle op te bou. Hoe meer spermselle daar is, hoe groter is die kans dat die eiersel deur ’n manlike spermsel, wat vinniger is, bevrug sal word.

Die vrou se dieet

Dit wat jy eet, kan jou eierselle beïnvloed.

Om die toestande vir ‘n manlike sperm te verbeter, benodig jy kalium. Dit kom in vleis, piesangs en appelkose voor.

Om die toestande vir ‘n vroulike sperm te verbeter, moet jy meer magnesiumryke kos, soos neute, sojabone en blaargroentes, eet.

Lees ook: Maklike skoonmaakwenke vir ’n sprankelende huis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *