April 19, 2021

Sol Plaatje-universiteit sê geen student is finansieel uitgesluit nie

Woordvoerder van die Sol Plaatje-universiteit, Kashini Maistry, sê die universiteit-studente het vanoggend ’n memorandum aan hulle oorhandig waarin hulle ’n aantal versoeke gestel het.

Woordvoerder van die Sol Plaatje-universiteit, Kashini Maistry, sê die universiteit-studente het vanoggend ’n memorandum aan hulle oorhandig waarin hulle ’n aantal versoeke gestel het.

KIMBERLEY.- ‘n Woordvoerder van die Sol Plaatje-universiteit, Kashini Maistry, sê die universiteitstudente het vanoggend ’n memorandum aan hulle oorhandig waarin hulle ’n aantal versoeke gestel het.

Die versoeke hou verband met die volgende:

  • Afskrywing van studieskuld.
  • Betaling van toelae
  • Terugkeer van alle studente na die kampus
  • Verlenging van die registrasieperiode.
  • Akademiese uitsluitings

Studente van die Sol Plaatje-universiteit sê alhoewel daar ’n aantal redes vir die protesaksie is, die grootste hiervan die uitsluiting van studente weens finansiële uitdagings is.

Maistry sê geen student is finansieel uitgesluit nie. Studente wat geld aan die universiteit skuld, moet ’n erkenning van skuld-vorm teken en ’n voorafbetaling maak om vir die 2021 akademiese jaar te registreer.

Die universiteit se oriëntasieprogram is uitgestel weens die protesaksie wat vannogend plaasgevind het.

Lees ook: Minister van gesondheid bedank na ses sterf tydens suurstofonderbreking

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: