April 21, 2021

Seekat-dokumentêr uit S.A. vir ’n Oscar genomineer

KAAPSTAD. - Craig Foster, ’n Suid-Afrikaanse film vervaardiger, het ’n hartroerende fliek gemaak van die onwaarskynlike en fasineerende verhouding wat hy met ’n seekat ontwikkel het.

KAAPSTAD. - Craig Foster, ’n Suid-Afrikaanse filmvervaardiger, het ’n hartroerende fliek gemaak van die onwaarskynlike en fasineerende verhouding wat hy met ’n seekat ontwikkel het. (Foto: EWN)

KAAPSTAD. – Craig Foster, ’n Suid-Afrikaanse filmvervaardiger, het ’n hartroerende fliek gemaak van die onwaarskynlike en fassinerende verhouding wat hy met ’n seekat ontwikkel het.

Volgens Eyewitness News is My octopus teacher vir die beste dokumentêre katagorie genomineer.

Die film speel in ‘n reuse-kelpwoud in die Atlantiese oseaan af, langs die Kaapse voorstad Simonstad.

Vanaf September 2020 het die film baie bekend geraak en is op Netflix se Top 10 mees gekykte lys in Israel, Australië en Suid-Afrika.

In die dokumentêr word Foster se wonderlike ervaring met die seekat uitgebeeld. Hy het haar elke dag vir ’n jaar lank agtervolg terwyl sy hom gewys het hoe sy jag, roofdiere afskrik en selfs van ’n besering herstel.

Foster vertel dat hy so baie by die gespikkelde seekat geleer het. “Sy het my nederigheid geleer, sy het my deernis geleer, sy het my oë oopgemaak vir hoe kompleks en kosbaar wilde wesens is.”

Hy sê dit wat hy by die seekat geleer het, kan hy toepas op sy eie lewe. Dit het hom gehelp om die gebroke verhouding wat hy met sy seun gehad het te herstel.

Volgens Time is die seekat alreeds oorlede, aangesien seekatte net tot 18 maande in die wildernes oorleef. Foster is dankbaar dat sy haar kort lewe met hom gedeel het en hy besoek steeds die omgewing waar sy gewoon het.

“As ‘n dier so ‘n invloed op jou het, kan jy nie anders as om die omgewing lief te hê wat haar gemaak het nie.” 

“As ek soontoe gaan, voel dit asof ek huis toe gaan.”

Lees ook: ’n Vrou het gedink sy date vir Bruno Mars, word gekul en verloor $100 000

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: