April 19, 2021

Beskerm jou honde teen hondediewe

Hondediewe lok honde na die heining met kos en trek die hond oor die heining.

Beskerm jou honde teen hondediewe

Beskerm jou honde teen hondediewe Foto: unplash.com, Ryu Orn

Oral op Facebook word honde se eienaars gesoek. Foto’s word gedeel en belonings word belowe. Eienaars voel moedeloos terwyl hulle na hul viervoetkinders soek, maar hoe kan jy jou honde beskerm?

Hoekom word honde gesteel?
– Kleiner honde word gesteel om in toetshondegevegte gebruik te word.
– Gesteelde honde word vir so min as R50 op straathoeke vir drank/dwelms verkoop.
– Opregte rasse word gesteel om mee te teel.

Hoe word honde gesteel?
– Hondediewe lok honde na die heining met kos en trek die hond oor die heining. Die SPCA het ook gevalle rapporteer waar die honde kalmeermiddels ingegee is. Leer jou hond om nie kos van vreemdelinge te eet nie.
– ’n Wyfiehond word in paartyd gebruik om mannetjies nader te lok.

Hoe kan jy jou honde beskerm?
– Maak seker jou erf is omhein, elektriese omheining werk die beste.
– Hou jou hond meestal agter in die erf aan.
– Laat jou hond binne die huis slaap, waar moontlik. Honde wat buite slaap, word saans maklik vergiftig.
– Laat jou hond steriliseer, sodoende kan die honde nie vir paring gebruik word nie.
– Laat plant ’n mikroskyfie in jou hond.
– Installeer CCTV-kameras rondom jou huis.

LEES OOK: Valentina Vassilyev het 69 kinders in haar leeftyd

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: