LIVERPOOL. – ’n Man (20) het met sy meisie op sy sterfbed getrou nadat hy gehoor het hy het enkele dae om te leef. Owen Copland is in November 2020 met breinkanker gediagnoseer.
Operasie en radioterapie
Nie lank daarna het hy ’n lewensreddende operasie sowel as radioterapie ondergaan, maar die jongste skanderings het getoon dat die gewas geweldig gegroei het. Dit het medici laat glo het hy het nog net ’n paar dae oor om te lewe.
LEES OOK: Aarbei-muffins met roomkaasvulsel
Vra meisie om te trou
Dit is toe wat hy besluit het om sy meisie van twee jaar, Sarah Jones (21), te vra om met hom te trou. Die paartjie het op 8 Maart 2021 by sy huis in Liverpool getrou. Hulle was omring deur vriende en familie wat ’n huwelikseremonie met musiek, kos en blomme gereël het.
Slegte nuus
Volgend iheartintelligence, het Owen die nuus tydens die eerste deel van die inperking ontvang nadat hy drie keer in die hospitaal opgeneem moes word weens ernstige kopseer.
‘n CT-skandering het die gewas op sy brein aangedui.
LEES OOK: Vermiste Kriel-seuns gevind
Gewas druk op breinstam
Op 5 Maart het die situasie vererger toe dokters besef die gewas druk teen Owen se breinstam. Dit het sy hartklop laat daal. Dokters het geglo hy het nie meer lank om te lewe nie. Die troue is drie dae daarna gehou.




