Transitovoertuig ontplof, kyk voorval tydens beweerde rooftog op video

Deel hierdie storie / Share this story

BOKSBURG. – ‘n Transitovoertuig wat ontplof toe dit na bewering beroof is, is op video vasgevang.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Maandag om 09:30 in Atlasweg plaasgevind. Daar word beweer die rowers het die transitovoertuig met ‘n groen Mercedes-Benz van die pad af gedruk.

Volgens Muridili het die onbekende aantal rowers moontlik plofstof gebruik om die transitovoertuig oop te kry. Daarna is ‘n onbekende bedrag geld glo geroof.

Na die voorval het die verdagtes van die toneel in ‘n wit Mercedes-Benz en ‘n swart Audi gevlug. Die polisieverklaring berig twee veiligheidspersoneellede is tydens die voorval beseer en met ligte beserings na ‘n hospitaal geneem.

Die video word uit ‘n nabygeleë gebou geneem.

Kyk hier hoe die transitovoertuig ontplof:

https://www.facebook.com/salt.co.za/videos/2848725415383738/

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.