Vermiste Kriel-seuns gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KRIEL. – Die twee seuns wat sedert 28 Maart 2021 vermis was nadat hulle van die Cosmos-kinderhuis op Kriel weggeloop het, is gevind.

Lees die vorige artikel hier.

Die twee seuns is glo gisteraand omstreeks 19:17 op ’n plaas tussen Vandyksdrif en die Clewer-pad gevind.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie en die familie vra dat hulle privaatheid respekteer word.

LEES OOK: Aarbei-muffins met roomkaasvulsel