KRIEL. – J.C. van Tonder is sedert 28 Maart vermis nadat hy en ’n maatjie van die Cosmos-kinderhuis op Kriel weggeloop het.
LEES OOK: Vrou wat konyne red, veroorsaak glo 90 se dood
Die twee seuns is glo laas op n boer se plaas tussen Kriel en Rietspruit gesien. Die seun se ouers is tans by die polisiekantoor om hom as vermis aan te meld. Pink Ladies is ook tans by die saak betrokke en wag vir ’n saaknommer.
Indien jy enige inligting rakende die seuns het, skakel asseblief vir Madelein of Scharl by 060 826 6341 of 076 811 5724.



