Nuwe ‘Satan shoes’ deur rapper Lil Nas X bevat regte mensbloed

Lil Nas X, die Amerikaanse rapper, wat bekend is vir die liedjie Old Town Road, het 'n nuwe skoen bekend gestel. Die skoen genaamd Satan shoes bevat 'n brons pentagram, 'n omgekeerde kruis en 'n druppel regte mensbloed.

Lil Nas X, die Amerikaanse rapper, wat bekend is vir die liedjie Old Town Road, het 'n nuwe skoen bekend gestel. Die skoen genaamd Satan shoes bevat 'n brons pentagram, 'n omgekeerde kruis en 'n druppel regte mensbloed. (Foto: CNN)

Lil Nas X, die Amerikaanse rapper, wat bekend is vir die liedjie Old Town Road, het ‘n nuwe skoen bekendgestel. Die skoen genaamd Satan shoes bevat ‘n brons pentagram, ‘n omgekeerde kruis en ‘n druppel regte mensbloed.

Volgens CNN is daar presies 666 pare van hierdie skoen gemaak. Die Satan shoes word as ‘n beperkte uitgawe verkoop. Elke paar is genommer tot die getal 666. Elke lugborrel in die skoen se sool bevat rooi ink en ‘n druppel regte mensbloed.

Op die kant van die Satans shoes staan Lukas 10:18, ‘n teks uit die Bybel wat sê: “Ek het Satan soos ‘n bliksemstraal uit die hemel sien val.” Die skoene word verkoop vir R15 300.

Nike is nie betrokke by die maak van die Satan shoes nie

Die swart-en-rooi tekkies, wat deel uitmaak van ‘n samewerking tussen Lil Nas X en die New York-gebaseerde kunskollektief MSCHF, is gemaak met behulp van Nike Air Max 97’s, alhoewel die sportklerehandelsmerk hulself van die ontwerp gedistansieer het. “Nike het hierdie skoene nie ontwerp of vrygestel nie.”

‘n Woordvoerder van die MSCHF het gesê die bloed binne-in die sool van die Satan shoes is deur lede van die kunskollektief voorsien, en het ook bygevoeg: “Ons offer graag vir ons kuns.” Die groep het ook bevestig dat Nike geensins hierby betrokke was nie.

Foto: CNN

Baie sosialemediagebruikers sê die rapper het te ver gegaan met die Satan shoes terwyl van sy aanhangers op You Tube vir hom opkom en sê hoe hulle so ‘n paar begeer.

Die rapper het in sy nuwe liedjie Montero (Call me by your name) se musiekvideo met ‘n paal dansend afgegly na die hel toe. Daar het hy die duiwel seksueel verlei en hom toe na die tyd doodgemaak en sy horings gevat en op sy eie kop gesit.

Sy aanhangers op You Tube sê dit is sy manier om vir die wêreld te wys hy is homoseksueel. Dis ook sy reaksie op al die mense wat al vir hom gesê het hy gaan hel toe oor sy seksualiteit.

Lees ook: Dolly Parton ontwikkel eie roomysgeur

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *