Aarbei-muffins met roomkaasvulsel
Drup oor muffins en sit voor.

Aarbei-muffins met roomkaasvulsel Foto: BakerMama
Aarbei-muffins met roomkaasvulsel is eenvoudig en maklik om te maak. Hierdie muffinresep gebruik slegs ‘n paar basiese bestanddele.
LEES OOK: Seun vermis op Kriel
Bestanddele:
Streusel-krummel-bolaag:
- ⅔ koppie meel
- ⅓ koppie bruinsuiker
- ¼ teelepel sout
- ¼ koppie ongesoute botter, gesmelt
Aarbeimuffins:
- 1 koppie meel
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
- ¼ koppie sonneblomolie
- ½ koppie suiker
- 1 groot eier
- ½ teelepel vanieljegeursel
- ½ koppie Griekse jogurt
- 1½ koppie vars aarbeie in blokkies gesny
LEES OOK: Ma verbied om tydens aanlyn klas te borsvoed
Roomkaasvulsel:
- 170g roomkaas teen kamertemperatuur
- 3 eetlepels suiker
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 1 teelepel mielieblom
Glaseersel:
- ¾ koppie strooisuiker
- 1½ –2½ teelepels melk of room
Metode:
- Voorverhit die oond tot 220°C, voer die kolwyntjiepan met kolwyntjie-papiertjies uit en sit dit eenkant.
- Roer meel, suiker en sout saam om die krummelbolaag te maak. Voeg gesmelte botter by en klits met ’n vurk tot growwe krummels vorm.
- Roer meel, bakpoeier en sout saam om die muffins in ’n groot bak te maak en hou eenkant.
- Klits eiers en suiker in ’n medium bak tot gemeng. Klits jogurt, olie en vanielje daarby in (die mengsel moet liggeel wees).
- Vou nat bestanddele in droë bestanddele en meng alles met ‘n lepel saam.
- Vou laastens aarbeie in blokkies met ’n rubberspaan in.
- Hou 2-3 eetlepels aarbeie in blokkies gesny eenkant om bo-op die muffins te sit.
- Meng die roomkaas, suiker, mielieblom en vanielje om die roomkaasvulsel te maak.
- Voeg 1 eetlepel muffinmengsel in elke holte. Skep 1 eetlepel roomkaasmengsel in die middel van elke muffin.
- Bedek roomkaasvulsel met muffinbeslag en vul elke holte tot ongeveer twee-derdes tot ‘n driekwart vol.
- Strooi streuselkrummels op elke muffin..
- Voeg ’n paar aarbeistukke bo-op en druk die krummels saggies om aan die muffinbeslag te plak.
- Plaas in ’n voorverhitte oond en verlaag die temperatuur tot 180°C.
- Bak vir 22-25 minute of totdat die bokante goudbruin en die middel gestol is.
- Koel 5-10 minute in die pan af en plaas die muffins dan op ’n rak om heeltemal af te koel.
- Berei intussen die glaseersel voor.
- Roer strooisuiker by melk of room.
- Begin met 1 teelepel vloeistof en voeg geleidelik meer by totdat die gewenste konsistensie bereik is.
- Drup oor muffins en sit voor.
- (Hierdie resep maak 9-10 muffins)