April 17, 2021

Knip’n uiltjie, vir niks meer as 20 minute nie, om jou liggaam te herlaai

Knip 'n uiltjie vir 20 minute om jou energievlakke te verhoog.

Knip 'n uiltjie vir 20 minute om jou energievlakke te verhoog. (Foto: Employsure)

As jy heeldag tam voel en jou energievlakke is baie laag, moet jy probeer om ‘n 20 minute uiltjie te knip. Dit kan jou help om in ‘n beter bui te wees, meer produktief te wees en sal van die tamheid ontslae raak. Maar pasop vir te lank slaap!

Volgens Healthline sal ‘n uiltjie knip jou help om te rus en jou energievlakke te herstel As jou slapie tussen 10 tot 20 minute is, sal jou liggaam deur die eerste twee slaapstadiums gaan. Dit is net genoeg om jou te verfris.

As jy egter langer as dit slaap, gaan jou liggaam in ‘n dieper slaap en jou brein reageer minder op eksterne stimuli. Dit sal dan moeiliker wees om wakker te word en kan jou swak bui en moegheid vererger.

Vir die meeste mense is die beste tyd om ‘n uiltjie te knip vroegmiddag. As jy na drie-uur die middag slaap, kan dit jou aand se slaap belemmer.

Lees ook: Melkkoeie sterf van die honger in R43m projek in Oos-Kaap

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: