SA’ners hoor binnekort oor Paasfees-inperkings

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Die nasionale koronavirusraad het vandag (Dinsdag) vergader om die moontlike Paasfees-inperkings te bespreek. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vanaand (Dinsdagaand) om 19:00 Suid-Afrikaners toespreek oor die nuutste inperkingsmaatreëls wat vir die Paastyd in plek gestel sal word.

Lees ook: President Ramaphosa na verwagting aan die woord oor Paasfees-inperkings

Die ministeriële advieskomitee het vroeër reeds aanbeveel dat Suid-Afrika na vlak 2 van inperking sal skuif vir die komende Paastyd om só ‘n derde vlaag van infeksies te probeer voorkom.

Ramaphosa het, toe hy ‘n oorsigbesoek gedoen het by Aspen Pharmacare se fasiliteit in Gqeberha, waar die Covid-19-entstof vervaardig gaan word, gesê die inperking sal ná vandag se vergadering ook eers met die provinsies en die metro bespreek word.

Lees ook: Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens