April 21, 2021

Klagtes teruggetrek na man ‘roekeloos’ bestuur om sterwende vrou te groet

“Die staat het geweier om op humanitêre gronde te vervolg.”

Klagtes teruggetrek na man ‘roekeloos' bestuur om sterwende vrou te groet

Klagtes teruggetrek na man ‘roekeloos 'bestuur om sterwende vrou te groet Foto: IOL (Daily Voice)

KAAPSTAD. – Die klagtes teen Arnold Tembo (70) wat verlede week in hegtenis geneem is vir spoed toe hy glo gejaag het om sy sterwende vrou te gaan groet, is teruggetrek.

Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, het aan Daily Voice gesê die die senior aanklaer het besluit om nie te vervolg nie. “Die staat het geweier om op humanitêre gronde te vervolg.”

Klag teruggetrek, beskuldigde wil klag indien

Daar word verder berig Tembo het op die dag van sy inhegtenisneming ‘n oproep van die dokter gery om te sê dit gaan nie goed met sy vrou nie en hy moet haar gaan groet.

“Ek sal ‘n klag indien oor hul gedrag, want dit gaan nie oor my nie. Aan hoeveel ander mense het hulle dit gedoen?” sê Tembo aan Daily Voice toe hulle met hom gepraat het nadat hy sy vrou ter ruste gelê het.

LEES OOK: Man jaag glo om sterwende vrou te groet, word in hegtenis geneem

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: