April 19, 2021

Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer

Na bewering het die hospitaal geen dokumentasie gehad dat die sterilisasie gedoen is nie en dokters en susters het die prosedure ‘gemis’.

Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer

Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer Foto: fertilitytips

KANADA. – ’n Kanadese vrou is nou besig om die hospitaal wat glo vergeet het om haar tydens haar keiser te steriliseer te dagvaar nadat sy weer swanger geraak het.

Weer swanger

Die vrou en haar man het op sterilisasie tydens haar keiser met die geboorte van hulle tweeling besluit. Die paartjie het reeds ’n ouer kind en was erg geskok om 10 maande later uit te vind sy is weer swanger.

LEES OOK: Tien maande oue baba vermis

Na bewering het die hospitaal geen dokumentasie gehad dat die sterilisasie gedoen is nie en dokters en susters het die prosedure “gemis”.

Die gesin het dit oorweeg om die swangerskap te laat beëindig, maar het besluit om die baba te hou.

Dagvaar hospitaal

Die paartjie dagvaar nou die hospitaal vir “onregmatige swangerskap” met skadevergoeding van ongeveer ’n halfmiljoen Amerikaanse dollars.

LEES OOK: Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: