Een dood, nog een beseer in motorfietsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

VEREENIGING. – ’n Man is dood en ’n vrou is kritiek beseer in ’n motorfietsongeluk in Generaal Hertzogweg in Vereeniging.

ER24-paramedici het omstreeks 12:40 op die toneel aangekom. ’n Man en ’n vrou het ’n ent van hulle motorfiets af in die pad gelê.

Paramedici het beide beseerdes ondersoek en gevind dat hulle talle beserings opgedoen het en in ’n kritieke toestand was.

LEES OOK: Tien maande oue baba vermis

Na behandeling is die vrou met die Rocket EMS-helikopter na ’n hospitaal geneem, terwyl die man per ambulans vervoer is.

Ongelukkig het die man met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind