‘n Vrou het foto’s van ‘n klein babahandjie met lang geverfde naels op Facebook geplaas en gesê mense wat hulle babas se naels ook wil laat doen, kan vir haar ‘n boodskap stuur.
Die inskrywing op Facebook is 2 500 keer gedeel en ouers het woedend in die kommentare gereageer. Die vrou wat die inskrywing geplaas het, het in die kommentaarafdeling gesê dit is so “oulik”, sy sal later nog foto’s oplaai.
LEES OOK: Kêrel gee meisie ‘invoice’ na romantiese naweek
Baba met lang geverfde naels lok kommentaar uit
“Dit is die domste ding wat ek nog ooit gesien het, waarom sou jy dit aan ‘n baba doen wat aan hul gesig gaan krap!?” lui een kommentaar op die foto’s.
“Hoekom doen mens dit aan ‘n arme baba? … kindermishandeling! Ek is self ‘n skoonheidskundige en doen ook naels, dit kan baie ongemaklik wees.”
Ander meen weer die hand, klere en agtergrond is op al die foto’s dieselfde. Daarom voel hulle daar is met die foto’s gepeuter.
“Dit is ‘n filter, al die foto’s lyk dieselfde met net verskillende naels, ek is seker sy het ‘n app gebruik om dit te doen,” sê nog iemand.

LEES OOK: Snotkop het aanhangers bekommerd na hospitaal-video
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



