April 21, 2021

Kêrel gee meisie ‘invoice’ na romantiese naweek

Sy het na die voorval op Reddit gevra of sy rede het om hartseer en teleurgesteld te voel.

Kêrel gee meisie 'invoice' na romantiese naweek

Kêrel gee meisie 'invoice' na romantiese naweek Foto: freeagent.com

‘n Kêrel het aan sy meisie ‘n gedetailleerde uiteensetting van die kostes (invoice) van ‘n romantiese naweek wat die twee beplan het, gegee sodat sy weet hoeveel sy aan hom verskuldig is.

Kêrel gee meisie invoice sodat sy weet wat sy skuld

“Hy het vir my ‘n dokument gestuur met ons name daarin en letterlik die koste van alles tot die sent bereken. Met die finale optel van alles het hy aan my vertel dat ek hom $ 167,99 skuld,” sê die vrou.

East Voast Radio berig verder die meisie was altyd daarop gesteld om uitgawes tussen hulle twee op te deel, maar was baie ontsteld na die voorval. Sy het na die voorval op Reddit gevra of sy rede het om hartseer en teleurgesteld te voel.

Reddit se lesers het gemengde gevoelens

“Ek is sy nuwe meisie wat saam met hom op ‘n romantiese naweek gaan, nie ‘n kliënt vir wie hy ‘n faktuur, wat elke sent uiteensit, moet stuur nie.”

Mense het gemengde gevoelens op Reddit gehad. Party het gesê dit was verkeerd van hom, terwyl ander gesê het hulle verstaan presies hoekom hy die situasie so hanteer het.

LEES OOK: Ma op Tiktok leer dogters – ‘Virginity doesn’t exist’

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: