April 18, 2021

Ma op Tiktok leer dogters – ‘Virginity doesn’t exist’

Die video van @book_mama is 30 600 keer gedeel en 24 100 mense het kommentaar daarop gelewer.

Ma op Tiktok sê aan dogters dogters - 'Virginity doesn't exist'

Ma op Tiktok sê aan dogters dogters - 'Virginity doesn't exist' Foto: Skermgreep van TikTok-video

‘n Ma van vyf dogters met die gebruikersnaam @book_mama, het baie kommentaar op Tiktok uitgelok toe sy in ‘n video gesê het sy maak haar vyf dogters groot om te glo daar bestaan nie iets soos maagdelikheid nie.

Die video is gemaak nadat ‘n ander TikTok-gebruiker op die app gevra het mense moet een manier noem waarop hulle hul kinders grootmaak, wat ander mense dink is verkeerd. Die video van @book_mama is 30 600 keer gedeel en 24 100 mense het kommentaar daarop gelewer.

Ma op TikTok praat openlik

“Maagdelikheid is ‘n patriargale konsep wat gebruik word om vroue te beheer en dien geen ander doel as om ons as vroue sleg oor onsself te laat voel nie,” sê sy verder in die video. Sy het baie positiewe kommentaar op die video gekry.

“Ek is mal hieroor. Ek is verkrag. Dit het my laat huil. Volgens jou standaarde is ek nie “vuil” nie. Ek is nog steeds die moeite werd,” sê ‘n gebruiker op die video.

Die vrou wat die video gemaak het, verduidelik verder net omdat iemand omgang met ‘n sekere persoon gehad het, beteken nie jou waarde as persoon het verander nie en dit verander ook nie wie jy is nie.

LEES OOK: Vrou (19) se liggaam deur gemeenskapslid op rugbyveld gevind

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: