Die internet is daagliks vol snaakse raad wat nie noodwendig waar is of altyd werk nie. Hierdie wenke kan egter jou lewe red.
Geroosterde amandels
Wanneer ’n vertrek na geroosterde amandels ruik, maar niemand is besig om amandels te rooster nie, moet jy so gou moontlik daar uitkom. Sianied ruik soos geroosterde amandels.
LEES OOK: Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer
Aspirien vir hartaanvalle
Kundiges glo jy moet ’n aspirientablet kou die oomblik wat jy vermoed jy is besig om ’n hartaanval te kry.
Vertrek ruik soos vis
Wanneer ’n vertrek soos vis ruik, is dit ’n goeie idee om jou elektriese kragpunte te bekyk en alles vat ingeprop is, uit te prop. Dit kan jou lewe red en ’n elektriese brand voorkom.
LEES OOK: Tien maande oue baba vermis
Water wat soos metaal proe
Wanneer jy swem en ’n metaalsmaak in jou mond kry, klim uit. Daar kan ’n elektriese kortsluiting êrens in die swembad wees.
Hou ’n kers byderhand
Hou altyd ’n kers in jou kar byderhand vir noodgevalle. Die hitte van een kers kan keer dat jy verkluim vir so lank as wat dit brand.



