Hommeltuie, motor- en lyfkameras vir padveiligheid dié Paasfees

Die Road Traffic Management Corporation (RTMC) sê daar sal gebruik gemaak word van hommeltuie, motor- en lyfkameras om padveiligheid af te dwing en verkeersvloei hierdie Paasnaweek te monitor.

Die Road Traffic Management Corporation (RTMC) sê daar sal gebruik gemaak word van hommeltuie, motor- en lyfkameras om padveiligheid af te dwing en verkeersvloei hierdie Paasnaweek te monitor. (Foto: IOL)

SUID AFRIKA. – Die Road Traffic Management Corporation (RTMC) sê daar sal gebruik gemaak word van hommeltuie, motor- en lyfkameras om padveiligheid af te dwing en verkeersvloei hierdie Paasnaweek te monitor.

Volgens SABC News is RTMC gereed vir die hoë getal padgebruikers wat gepaard gaan met Paasnaweek. President Cyril Ramaphosa het wel Dinsdagaand gesê dat interprovinsiale reise toegelaat sal word, maar Suid-Afrikaners word gevra om hul reise te beperk.

“Die hommeltuie, motor- en lyfkameras sal ons help om voorvalle van omkopery te ondersoek

Volgens Simon Zwane van die RTMC is voertuie wat deur verkeersbeamptes gebruik word, met kameras toegerus om enige voorvalle van roekelose bestuur te monitor. Hy sê hommeltuie sal ingespan word om verkeersvolumes te monitor en vinnige ingryping te verseker. Zwane sê beamptes sal vir die eerste keer lyfkameras dra.

“Dit sal regtig help met die veiligheid van beamptes en padgebruikers. Maar dit sal ons ook help om voorvalle van omkopery en korrupsie te ondersoek. Omdat die lyfkamera altyd aan moet wees. Die beampte sal dit nie kan afskakel nie. As hulle dit wel afskakel, kan ‘n toesighouer in die kantoor dit weer aanskakel. Ons sal ook op enige gegewe tydstip weet waar ons beamptes is.”

Lees ook: ‘Pastoor’ poep in mense se gesigte vir ‘genesende krag’ om te werk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *