HOPETOWN. – Speurders van hier het drie mans in hegtenis geneem wat verdink word van die verkragting van ‘n 17-jarige meisie. Die verdagtes het weggekruip vir owerhede nadat hulle glo die misdaad gepleeg het.
Volgens ‘n verklaring uitgereik deur die SAPD het die drie mans die meisie vroeër die maand ontvoer en in ‘n sinkhuis ingeneem waar hul beurte gemaak het om haar te verkrag.
Die verdagtes wat 22, 28, en 33 jaar oud is, sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van ontvoering en verkragting.
Lees ook: Man tronk toe vir statutêre verkragting



