Man tronk toe vir statutêre verkragting

Foto: Pixabay.

JANSENVILLE.- ’n 28-jarige man van hier is skuldig bevind vir die statutêre verkragting van ’n 14-jarige meisie wat volgens hom sy vriendin is.

Volgens Times Live is Ronwin Swema Dinsdag in die Jansenville-landdroshof skuldig bevind. Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat die slagoffer, toe 14, vanaf Junie 2018 in ’n verhouding met die verdagte was.
“Gedurende hierdie periode van die verhouding met die beskuldigde het die meisie tekens van ’n moontlike swangerskap getoon.”

Op 12 November 2019 is ’n saak van verkragting by die polisiestasie oopgemaak. Die saak was oorhandig aan die Graaff-Reinet-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, na bevestiging deur die Jansenville-kliniek dat die meisie wel swanger is.  Die verdagte is die 15de November gearresteer.

Swema het drie jaar tronkstraf gekry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: