Kimberley se paaie verspoel

Talle paaie in en om Kimberley word tans verspoel.

Water is besig om op te dam in die pad voor Robert Sobukwe-hospitaal en talle ander strate soos Park Road en Aristotleweg is reeds onder water. Motoriste word versoek om versigtig te ry.

Die pad voor Robert Sobukwe-hospitaal.

FiNDiT is in kennis gestel dat die pad vanaf Vryburg tot 50 km voor Kuruman verspoel is. Motoriste word gewaarsku om glad nie gebruik te maak van die pad nie, aangesien daar reeds karre is wat wegspoel.

Montenique Abarams het die volgende foto gestuur. Die pad tussen Kimberley en Daniëlskuil oorstroom.

Die volgende is by ’n verkeerslig op Kathu, ingestuur deur Beon Egon Bam.

’n Groot myntrok wat vanoggend deur die reënwater op Kathu ry.

Malcolm Strydom sê hoe dit tans op Ritchie lyk.

Die Daniëlskuil-pad is steeds erg oorstroom en motors word meegesleur.

So lyk die pad tussen Kimberley en Postmasburg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: