April 21, 2021

Snotkop het aanhangers bekommerd na hospitaal-video

In die proses het hy sy gewrig gebreek, sy skouer seergemaak en snye op sy lyf opdoen.

Snotkop laat aanhangers bekommerd na hospitaal-video

Snotkop laat aanhangers bekommerd na hospitaal-video Foto: Skermgreep, Instagram

Die bekende sanger, Snotkop, het gisteraand aanhangers bekommerd gehad toe hy ‘n video waarin hy op ‘n hospitaalbed gestoot word, op sosiale media gedeel het.

Snotkop het ‘n masker aangehad en aanhangers het eers gewonder of dit wel hy is wat op die bed is. Baie het hom toe aan sy tatoeërmerke uitgeken. Ander het weer gedink hy maak dalk ‘n vroeë April-gekkedaggrap.

“Gou ‘n paar bene gebreek die naweek… Ek moet dankie sê aan AL die wonderlike personeel by Netcare Margate wat so mooi na my kyk, julle is genuine engele!” het Snotkop by die plasing geskryf.

Snotkop in erge pyn, maar sterk aan by huis

Huisgenoot berig Snotkop was op pad strand toe met sy elektriese fiets toe die ongeluk gebeur het. Hy het teen ‘n bult afgery en moes vir iets uitswaai. Dit is toe hy beheer oor die fiets verloor het. In die proses het hy sy gewrig gebreek, sy skouer seergemaak en snye aan sy lyf opdoen.

Daar word verder berig Snotkop is steeds in erge pyn, maar sterk na vier dae in die hospitaal by die huis aan. Hy gaan oor twee weke ‘n tweede operasie moet ondergaan.

Almal wens Snotkop ‘n spoedige herstel op sy Facebook-inskrywing toe. “Ag nee. Sterkte, hoop jy is sommer gou weer op die been dat ons jou weer kan sien optree. Pas jou mooi op en hoop die pyn is nie te erg. Sterkte,” lui een aanhanger se kommentaar op die video.

LEES OOK: Kêrel gee meisie ‘invoice’ na romantiese naweek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: