Tien maande oue baba vermis
Volgens die ma is daar van die kêrel se klere ook weg.

Tien maande oue baba vermis Foto: Verskaf
NAMAKGALE. – ’n Tien maande oue baba word sedert 25 Maart 2021 vermis. Die ma van die baba het glo haar baba omstreeks 06:00 by haar kêrel by hulle huis in Namakgale gelos terwyl sy gaan werk het. Toe sy van die werk af terugkeer, was haar kêrel, sowel as haar baba, weg.
Kêrel se klere weg
Sers. Mienkie Ramakgoakgoa, polisiewoordvoerder, sê volgens die ma is daar van die kêrel se klere ook weg. “Die polisie is tans besig met ’n soektog om die baba op te spoor.”
LEES OOK: Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind
Die polisie se soektog in omliggende gebied was tot dusver sonder sukses.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die slagoffer op te spoor, kan speur-luitenant-kolonel Lilian Mahlathi by 082 469 1240 kontak. Die polisieondersoek duur steeds voort
LEES OOK: Dalgona-koffie? Nee! Geklopte Nesquick!