April 21, 2021

Hierdie kosse sal jou energie ‘n hupstoot gee

Is jy moeg vir moeg wees? Sukkel jy soms om aan die gang te kom? Hierdie kosse kan jou energievlakke 'n hupstoot gee sodat jy 'n meer produktiewe dag kan hê.

Is jy moeg vir moeg wees? Sukkel jy soms om aan die gang te kom? Hierdie kosse kan jou energievlakke 'n hupstoot gee sodat jy 'n meer produktiewe dag kan hê. (Foto: Pixabay)

Is jy moeg vir moeg wees? Sukkel jy soms om aan die gang te kom? Hierdie kosse kan jou energie ‘n hupstoot gee sodat jy ‘n meer produktiewe dag kan hê.

Volgens Healthline sal verwerkte voedsel met suiker bygevoeg jou net slegter laat voel. Natuurlike kosse daarenteen gee jou daai hupstoot.

Kossoorte wat jou energie ‘n hupstoot sal gee

Avokado -‘n Avokado is vol vitamine, minerale en gesonde vette wat jou energievlakke sal lig. Dit bevat baie vesel, wat bloedsuiker stabiel hou, sodat suikerhoogtes, gevolg deur laagtepunte, vermy kan word.

Waatlemoen – Al is jy net ‘n klein bietjie gedihidreer kan jy soggens wakker word en baie sleg voel. Dit is belangrik dat jou dieet voedsel soos vrugte en groente insluit wat baie water bevat. Waatlemoen is een van die beste bronne. Hierdie lekker vrugte is 90 persent water en bevat ‘n verskeidenheid vitamiene, minerale en antioksidante. Dit bevat ook die aminosuur sitrullien, wat kan help om spierpyn te verminder.

Amandels – Amandels is ‘n uitstekende bron van hoë gehalte proteïene, vesel en gesonde mono-onversadigde vette. Dit is vol B-vitamiene wat jou liggaam help om voedsel in energie te omskep, en is ryk aan magnesium wat spiermoegheid beveg.

Piesang – Piesangs is ‘n baie goeie bron om jou energie te bevoordeel. Hierdie vrug bevat ‘n goeie hoeveelheid vesel, wat die vrystelling van suiker in die bloedstroom vertraag, en is ‘n uitstekende bron van magnesium vitamien B en kalium. ‘n Ryp piesang sal meer energie in die vorm van suiker bied, in vergelyking met ‘n groen piesang.

Spinasie – Spinasie is’n uitstekende bron van vitamien C, folaat en yster. Voldoende hoeveelhede van hierdie vitamiene en minerale is noodsaaklik vir energieproduksie. Lae vlakke van yster kan ernstige moegheid veroorsaak.

Eiers – ‘n Eier bevat hoë gehalte proteïene en gesonde vette, wat ons versadig hou en die hele dag volgehoue ​​energie bied. Eiers is ‘n uitstekende bron van verskillende vitamiene en minerale, waaronder yster, cholien, vitamien D en vitamien B-12.

Moenie vergeet om altyd die hele eier te eet nie! Die eiergeel is die voedsaamste deel, wat die meeste vitamiene en minerale en ‘n goeie hoeveelheid proteïene bevat.

Lees ook: Sorg so vir jou denims

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: