April 18, 2021

Ma wakker uit koma na noodkeiser en longoorplanting

Sy was gestres en alleen omdat haar man nie saam met haar in die teater kon wees nie.

Ma wakker uit koma na noodkeiser en longoorplanting

Ma wakker uit koma na noodkeiser en longoorplanting Foto: All4Women

JOHANNESBURG. – ‘n Ma, Mbali Mbatha, van Winchester Hills in Johannesburg is wakker uit ‘n koma en hou haar drie maande oue baba vir die eerste keer vas nadat haar lewe op 1 Desember 2020 heeltemal onderstebo gegooi is.

Noodkeiser op 30 weke

Op dié dag was sy 30 weke swanger en die dokters het aan haar gesê hulle sal ‘n noodkeiser moet doen. Sy vertel aan All4Women sy was hartseer omdat sy nie die volle swangerskap kon deurmaak nie. Sy het haar man gebel wat haar gerusgestel het oor die dokters se besluit.

Sy is later in ‘n koue teater ingestoot. Sy was gestres en alleen omdat haar man nie saam met haar in die teater kon wees nie. Min het sy geweer die keiser is maar net die begin van alles en groter besluite sou nog deur die mediese span gemaak moes word.

Eerste vir Suid-Afrika

Mbali is kort nadat sy haar baba gehad het, na die Netcare Milpark-hospitaal geneem. Albei haar longe was deur longontsteking aangetas. Haar behandeling moes aangepas word vir iemand met Covid-19-longontsteking.

Alboewel sy reeds genees was van Covid-19 het haar longe nooit herstel nie. Covid-19 het Mbali se longe so beskadig dat sy ‘n longoorplanting moes ondergaan. Sy is dadelik na ‘n teater geneem waar sy aan ‘n masjien, wat suurstof aan haar brein en organe moes voorsien, gekoppel is.

Ma wakker uit koma en verlaat hospitaal

Die longoorplanting was Suid-Afrika se eerste op ‘n pasiënt wie se longe deur Covid-19 beskadig was. Daar is tot dusver glo wêreldwyd net ongeveer 100 longoorplantings gedoen na Covid-19 longontsteking.

Mbali het twee maande daarna uit haar koma wakker geword. Sy is daarna ingelig van haar longoorplanting. Sy voel bly om die hospitaal met haar baba, wat sy op drie maande vir die eerste keer kon vashou, te verlaat.

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: