April 19, 2021

Moordverdagte – Suretha Brits bly in aanhouding na hofverskyning

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die saak word tot 7 April 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel.

Moordverdagte - Suretha Brits bly in aanhouding na hofverskyning

Moordverdagte - Suretha Brits bly in aanhouding na hofverskyning Foto: Verskaf, SAPS

POFADDER. – Die moordverdagte, Suretha Brits (30), het vanoggend vlugtig in die landdroshof op Pofadder vir die vermeende moord op haar man, Leon Brits (41), verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die saak word tot 7 April 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel. Volgens Kock sal die beskuldigde in aanhouding bly. Die ondersoek duur steeds voort.

LEES OOK: Plaasmoord-verdagtes op waarskuwings vrygelaat

Op 7 Oktober 2020 is die lyk van Leon Brits met verskeie steekwonde in die swembad by een van sy eiendomme op Pofadder gevind. Na bewering is verskeie waardevolle artikels soos vuurwapens, ‘n selfoon, ‘n Krugerrand, gepoleerde diamante en kontant van die perseel geneem.

FiNDiT het ook vroeër die week berig drie verdagtes, waarvan een gevonnis is, is reeds in hegtenis.

LEES OOK: OPVOLG: Besigheidsman van Pofadder vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: