POFADDER. – Die polisie in Pofadder ondersoek ‘n moord en vermeende huisroof nadat die 40-jarige sakeman en eienaar van die Pofadder Hotel, Leon Brits, dood in sy swembad by sy huis gevind is.
Brig. Mohale Ramatseba sê Brits is met verskeie steekwonde in sy bors gevind. Alhoewel inligting in hierdie stadium nog skraps is, is daar na bewering waardevolle items uit die huis geneem.
Brits se lyk is na bewering deur sy vrou gevind. Hy word deur sy vrou en drie kinders oorleef.
Enigiemand met inligting kan lt.-kol. David Groenewald skakel by 082 448 4596. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur steeds voort.



