‘n Man van Pofadder se lyk is glo deur sy vrou in ‘n swembad gevind.
Daar is na bewering verskeie steekwonde aan die man se liggaam. Hy het ook glo wurgmerke aan sy nek en daar word beweer hy is met die honde se kettings verwurg. Die forensiese span is tans op die toneel. Die man se naam is aan FiND iT bekend, maar FiND iT wag vir die terugvoer van die polisie.
Hou FiND iT dop vir verdere inligting.



