KWAZULU-NATAL. – ’n Swanger vrou is vanoggend dood nadat sy deur ’n minibustaxi naby Margate raakgery is.
Paramedici het die pasiënt op die toneel ondersoek en bevind sy is in ‘n kritieke toestand. Die vrou se toestand het vinnig agteruitgegaan en na ’n uur se resussitasiepogings is sy op die toneel dood verklaar.
Volg Find-it hier.



