April 18, 2021

Kommer oor water langs R31 wat ongeluk kan veroorsaak

Die water was volgens Kock aanvanklik dieper in die veld in, maar nou lê dit teen die pad.

Kommer oor water langs R31 wat ongeluk kan veroorsaak (Foto: Verskaf)

Kommer oor water langs R31 wat ongeluk kan veroorsaak (Foto: Verskaf)

KIMBERLEY. – “Iemand swaai dalk uit vir ‘n eendjie wat daar in die pad verbyloop, wat nie eintlik daar moet wees nie, en dan beland hy in die water en dan is dit weer ‘n tragedie.”

Só sê Johan Kock, ‘n inwoner van Barkly-Wes, wat ander wil waarsku oor die watermassa wat langs die R31 tussen Kimberley en Barkly-Wes lê.

Lees ook: Egpaar neem 7 kinders aan na ouers in motorongeluk sterf

Hy sê hy ry elke dag dié pad en voel dis iets waarvoor mense versigtig moet wees.

Die water was volgens Kock aanvanklik dieper in die veld in, maar nou lê dit teen die pad.

Dit lyk vir Kock of die water van die dorp se kant af kom.

“Hier lê reeds twee of drie eendjies wat raakgery is. Ek wil graag net hê mense moet bewus wees daarvan om ‘n ongeluk te vermy.”

Lees ook: Vrou gee voor sy’s dood en oorleef só hoewe-aanval

FiND iT het navraag gedoen by die munisipaliteit en wag nog vir terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: