Horner-moordverdagtes se saak weer uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Die Brendin Horner-moordverdagtes, Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44), se saak is weer uitgestel omdat die DNS-monster se resultate nog nie bekend is nie.

Probleme by die forensiese laboratorium word vir die uitstel van die saak blameer. Dit is al ses maande nadat die twee moordverdagtes in hegtenis geneem is vir die moord op Brendin Horner (21). Die saak is gister tot 13 Mei 2021 uitgestel. Die ondersoek duur steeds voort.

Horner is aan die begin van Oktober 2020 op ‘n plaas op Paul Roux vermoor. Sy liggaam is vasgemaak aan ‘n paal gevind.

LEES OOK: Brendin Horner-moordverdagtes vandag weer terug in die hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.