April 17, 2021

Apple geblameer toe vals toep man se bitcoin steel

Phillipe Christodoulou het gebruik gemaak van die toep Trezor op sy Apple Iphone om sy kriptogeldeenheid te stoor. Vandeesmaand wou hy kyk wat die balans van sy bitcoin is en binne oomblike het hy al sy geld verloor.

Phillipe Christodoulou het gebruik gemaak van die toep Trezor op sy Apple Iphone om sy kriptogeldeenheid te stoor. Vandeesmaand wou hy kyk wat die balans van sy bitcoin is en binne oomblike het hy al sy geld verloor. (Foto: Pixabay)

AMERIKA. – Phillipe Christodoulou het gebruik gemaak van die toep Trezor op sy Apple Iphone om sy kriptogeldeenheid te stoor. Vandeesmaand wou Christodoulou kyk wat die balans van sy bitcoin was en binne oomblikke het hy al sy geld verloor.

Volgens IOL het Christodoulou besluit om na sy balans te kyk en het die toep Trezor, wat vyf sterre op Apple se toepwinkel het, gebruik. Hy het aangeteken en binne ‘n sekonde is sy spaargeld van ‘n leeftyd, 17,1 bitcoin ter waarde van $600,000, weg.

Apple bemark toepwinkel as betroubaar

Christodoulou sê hy is kwater vir Apple as vir die boewe. Hy sê Apple bemark hul toepwinkel as ‘n veilige en betroubare plek waar elke toep beoordeel word voor dit in die toepwinkel toegelaat sal word.

‘Hulle het die vertroue wat ek in hulle gehad het, verraai,’ het hy in ‘n onderhoud gesê. “Apple verdien nie om hiermee weg te kom nie.”

Kundiges stem nie saam nie

Apple sê hul toepwinkel is die veiligste wat daar is, maar kundiges sê dit is eintlik baie maklik om die maatskappy se reëls te breek. Die bedrieërs lê skynbaar onskadelike programme voor om op die toepwinkel geplaas te word. Sodra die toep goedgekeur is, kan bedrieërs die toep omskep en mense uitlok om hul persoonlike inligting te gee.

Fred Sainz, Apple-woordvoerder, sê: “Studie na studie het getoon dat die App Store die veiligste toepassingsmark ter wêreld is, en ons is voortdurend besig om die standaard te handhaaf en die beskerming van die App Store verder te versterk. In die beperkte gevalle wanneer misdadigers ons gebruikers bedrieg, tree ons vinnig op om soortgelyke oortredings in die toekoms te voorkom. ‘

Christodoulou sê hy neem medikasie en gaan na ‘n psigiater. “Dit het my gebreek. Ek het nog steeds nie daarvan herstel nie.”

Hy het ‘n saak by die FBI gemaak en wag om van Apple te hoor.

Lees ook: Man afgetrek vir roekelose bestuur, dwelms in masker gevind

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: