April 17, 2021

Man afgetrek vir roekelose bestuur, dwelms in masker gevind

R5 000 se dwelms is deur SAPD-lede in 'n man se masker gevind nadat hy afgtrek was vir roekelose bestuur

R5 000 se dwelms is deur SAPD-lede in 'n man se masker gevind nadat hy afgtrek was vir roekelose bestuur. (Foto: The South African)

KATHU.- ‘n Man van hier is in hegtenis geneem nadat SAPD-lede dwelms in die man se masker gevind het. Hy is aanvanklik vir roekelose bestuur afgetrek.

Volgens The South African is die man van die pad afgetrek en aangesê om ‘n masker aan te sit. Polisielede het die man deursoek en het agtergekom daar is iets in sy masker.

Die polisiebeamptes het R5 000 se dwelms in sy masker gevind.

Die masker het ‘n ritssluier aan die binnekant gehad. 16 sakkies dwelms, insluitend heroïene, kokaïene, Mandrax en kristalmetamfetamien, is daarin versteek gevind.

Die 40-jarige man is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Lees ook: Roodepan-polisie ruk op teen dwelms en alkohol

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: