Transformator ontplof terwyl man daaraan werk
Die pasiënt is op die toneel deur paramedici van Netcare 911 behandel.

Transformator ontplof terwyl man daaraan werk Foto: Verskaf, Netcare911
GAUTENG. – ‘n Volwasse man het ernstige brandwonde opgedoen toe ‘n transformator waaraan hy gewerk het, ontplof het.
Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder, het bevestig die voorval het Maandag om 15:00 in Johannesburg plaasgevind.
LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep
“Ons kon nie op die toneel vasstel of die man wel ‘n beampte van die elektrisiteitsafdeling is nie.”
Die pasiënt is op die toneel deur paramedici van Netcare 911 behandel. Na hy gestabiliseer is, is hy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere versorging.
LEES OOK: Swanger vrou en dogter gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.