Swanger vrou en dogter gevind

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die swanger vrou, Tessa Roodt (31) en haar dogter, Crystal (5), wat spoorloos op 22 Maart “verdwyn” het, is gevind.

Swanger vrou en dogter na hospitaal geneem

”Gister het ek ‘n oproep ontvang van ‘n informant wat ons gelei het na die ligging van die vermiste moeder en dogter. Albei is daarna na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Albei sal ondersoek word en hulle sal die nodige behandeling en hulp ontvang,” sê die South African Community Crime Watch in ‘n verklaring.

LEES OOK: Stiefpa sien dogter (9) as seksslaaf na haar ma sterf

Het nie opgedaag vir keisersnee-afspraak

Op die dag van haar verdwyning was Tessa bespreek vir ‘n keisersnee by die Port Shepstone-hospitaal in KwaZulu-Natal, maar het nooit opgedaag nie. Daar word beweer sy het deur die loop van haar verdwyning ‘n rygeleentheid by ‘n lid van die publiek gekry. Dié het haar by die Umtwalume-afrit afgelaai. Dis toe die foto van haar en die kind geneem en versprei is.

Geen verdere inliting is bekend nie.

LEES OOK: Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.