April 18, 2021

Koopmansfontein-ongeluk: Vriende stop glo vir skilpad voor trein hulle tref

Die drie vriende was na berigte in ‘n Toyota-bakkie op pad om beeste op ‘n plaas te gaan voer, toe hulle vir ‘n skilpad gestop het en ‘n trein hulle toe getref het.

Koopmansfontein-ongeluk: Vriende stop glo vir skilpad voor trein hulle raakry (Foto's: Facebook)

Koopmansfontein-ongeluk: Vriende stop glo vir skilpad voor trein hulle raakry (Foto's: Facebook)

NOORD-KAAP. – Die boeregemeenskap is in rou gedompel ná die dood van Jesse Isemonger (21), Tersia van der Merwe (22) en Sarah Jane Nieuwoudt (24).

Die drie vriende was na berigte in ‘n Toyota-bakkie op pad om beeste op ‘n plaas te gaan voer, toe hulle vir ‘n skilpad gestop het en ‘n trein hulle toe getref het. Daar was glo ‘n plaaswerker agter op die bakkie. Toe die vriende stop om na die skilpad te kyk, het hy die trein van die bakkie se regterkant af gesien aankom en hulle probeer waarsku. Hy het net betyds van die bakkie afgespring.

FiND iT het voorheen berig die ongeluk het volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, by die Koopmansfontein-en-Silverstreams-kruising plaasgevind.

Isemonger het vir Gerrit Nieuwoudt, ‘n boer in die omgewing, geboer.

Lees ook: SA’ner Adrian Nel dood in Mosambiek-aanval

Tom Watson, gevorderde lewenssorg-paramedikus van ROCKET-ambulansdienste, sê in sy 35 jaar as paramedikus, was hierdie ongeluk die ergste wat hy al moes aanskou.

Medelye stroom intussen in op al drie die vriende se Facebook-blaaie.

Hou FiND iT dop vir meer inligting oor begrafnisse wat later sal volg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: