Brendin Horner-moordverdagtes vandag weer terug in die hof
Sy liggaam is vasgemaak aan ‘n paal gevind.

Brendin Horner-moordverdagtes vandag weer terug in die hof Foto: Facebook
SENEKAL. – Die Brendin Horner-moordverdagtes, Sekwetja Mahlambi (32) en Sekola Matlaletsa (44) verskyn vandag weer in die Senekal-landdroshof op aanklag van moord.
Horner (21) is aan die begin van Oktober 2020 op ‘n plaas in Paul Roux vermoor. Sy liggaam is vasgemaak aan ‘n paal gevind. Die twee beskuldiges het vroeër vanjaar al verskyn, maar die saak is uitgestel weens uitslae van DNS-monsters wat nog nie bekend was nie.
Brendin Horner- moordverdagtes steeds in aanhouding
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Die uitslae van die monsters sowel as die ontleding van die bloed op een van die verdagtes se klere sal moontlik vandag in die hof bekendgemaak word.
Albei die verdagtes is in aanhouding. Matlaletsa was aanvanklik verlede jaar op borg van R5 000 vrygelaat, maar is kort daarna weer op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem. Beide verdagtes pleit steeds onskuldig op aanklag van moord.
LEES OOK: Transitovoertuig ontplof, kyk voorval tydens beweerde rooftog op video
LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep