Plaasmoord-verdagtes op waarskuwings vrygelaat

Foto: facebook

POFADDER. – Twee van die drie verdagtes wat vir die moord op Leon Brits (41), die hoteleienaar, in hegtenis geneem is, is met waarskuwings vrygelaat.

Verdagte bly in aanhouding

Brig Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes, Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37) het in die Pofadder-landdroshof verskyn. Die twee verdagtes moet op 22 Februarie weer in die hof verskyn. Die derde verdagte, Jacques van Vuuren (34) het ook in die hof verskyn, maar hy bly steeds in aanhouding. Van Vuuren kan op 11 Desember vir borg aansoek doen.

Met ’n hond se ketting verwurg

Die verdagtes is na ’n ondersoek onderskeidelik op ’n bus op Piketberg en op Kathu vasgetrek.

Brits is op 7 Oktober in sy huis op Pofadder verskeie kere met ’n mes gesteek en is ook vermoedelik met ’n hond se ketting verwurg waarna hy in die swembad gegooi is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *