NOORD-KAAP. – ’n Man (32) is tot 25 jaar tronkstraf vir die verkragting van sy 15-jarige familielid gevonnis.
Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde het die slagoffer begin verkrag toe sy 13 jaar oud was, maar die saak is eers in Mei 2020 by die polisie aangemeld toe ’n vriend van die slagoffer die verkragting gesien en aan die ouma oorvertel het.
Die beskuldigde is op 9 Junie 2020 in hegtenis geneem. Die streekhof in Galeshewe het hom op 24 November 2020 skuldig bevind en 25 jaar effektiewe gevangenisstraf opgelê. Hy is ook ongeskik verklaar om met kinders te werk en sy naam is in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders opgeneem.



